Hof las dat Derby-Lewis na hospitaal oorgeplaas word

Clive Derby-Lewis Foto: news.howzit.msn.com

Clive Derby-Lewis Foto: news.howzit.msn.com

Die hooggeregshof in Pretoria het beveel dat Clive Derby-Lewis na ʼn hospitaal oorgeplaas word vir mediese behandeling nadat hy in die tronk aangeval is, berig die Saturday Star.

“Uiteindelik het die hof beveel dat my kliënt na ʼn hospitaal vervoer moet word en dat die DKD [die departement van korrektiewe dienste] al die kostes daaraan verbonde betaal,” het Marius Coertze, Derby-Lewis se regsverteenwoordiger, aan die koerant gesê. Coertze het die hof genader om die DKD te dwing om Derby-Lewis na ʼn hospitaal oor te plaas nadat hy twee weke terug deur ʼn ander gevangene aangeval en met ʼn mes gesteek is. Coertze het aan die koerant gesê die bevel is Donderdag uitgereik en op die DKD beteken om ʼn hulle ʼn dag kennis te gee om Derby-Lewis Vrydag na die Eugene Marais-hospitaal te vervoer. Coertze sê egter dit het nie Vrydag gebeur nie. “Ons het niks hiervan geweet nie. Die DKD het hom nie hospitaal toe gevat nie want volgens hulle interne beleid moet ʼn gevangene ʼn oorplasingsfooi van R450 betaal.” Coertze sê die hof het toe uiteindelik gelas dat Derby-Lewis na die hospitaal vervoer moet word.

Derby-Lewis is in die tronk vir sy aandeel in die sluipmoordaanval op Chris Hani, die destydse leier van die Suid-Afrikaanse Kommunisteparty.

Lees ook:
Aanval op Derby-Lewis glo te doen met Waterkloof-2
Derby-Lewis en Walus sterk in hospitaal aan
DKD bevestig aanval op Derby-Lewis en Walus
Clive Derby-Lewis en Janusz-Walus glo in tronk aangeval

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Jean-Mari ·

Mnr Derby-Lewis verdien die beste behandeling. Enige terugvoer oor die persoon wat hom aangeval het met die uitsluitlike doel om hom te vermoor?

Hans Onrust ·

Direct in overeenstemming met familie en betrokkenen verzoek tot asiel indienen buiten SA beste Marius Coertze.

De heer Clive Derby Lewis is en blijft als politiek gevangene in levensgevaar in het nuwe Suid Afrika, zelfs in tronk of hospitaal.
Zacht uitgedrukt: deze gefaalde staat kan of wil niet voor zijn veiligheid instaan.
In elk geval is dat nu bewezen ondanks en dankzij dat deze staat nu weer bewust misleidend over ‘aanranding’ spreekt.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.