Hof lewer Boeremag-vonnis

Argieffoto. SAPA

Argieffoto. SAPA

Die vonnisuitspraak van die Boeremagverhoor is Dinsdag in die Noord-Gautengse hooggeregshof in Pretoria gelewer.

Die 20 mans is verlede jaar in Julie skuldig bevind aan verskeie kriminele misdrywe waaronder hoogverraad, moord en terrorisme vir ʼn komplot om ‘n staatsgreep uit te voer.

Die dekadelange verhoor het die belastingbetaler al meer as R30 miljoen gekos weens regskostes vir die beskuldigdes.

Regter Eben Jordaan het die mans Dinsdag tussen vyf en 35 jaar tronkstraf gevonnis.

Van die mans het al reeds meer as hul vonnis uitgedien en is vandag vrygelaat.

Hier volg die vonnisse. Van die beskuldigdes is reeds oorlede:

1 Mike du Toit – 30jaar; 10 jaar opgeskort vir 5 jaar
2 Andre du Toit – 20 jaar; 10 jaar opgeskort vir 5 jaar
3 Koos du Plessis – 15 jaar; 10 jaar opgeskort vir 5 jaar
4 Adriaan van Wyk – 10 jaar geheel opgeskort vir 5 jaar
6 Deon van der Heever- 20 jaar; 10 jaar opgeskort vir 5 jaar
7 Giel Burger – 10 jaar geheel opgeskort vir 5 jaar
8 Jacques Olivier – 10 jaar geheel opgeskort vir 5 jaar
9 Pieter van Deventer – 10 jaar geheel opgeskort vir 5 jaar
11 Tom Vorster – 35 jaar; 10 jaar opgeskort vir 5 jaar
12 Dirk Hanekom – 30jaar; 10 jaar opgeskort vir 5 jaar
13 Dr Lets Pretorius – 30jaar; 10 jaar opgeskort vir 5 jaar
16 Jurie Vermeulen – 15 jaar; 10 jaar opgeskort vir 5 jaar
17 Vis Visagie – 5jaar verander na Korrektiewe toesig
18 Herman van Rooyen – 35 jaar; 10 jaar opgeskort vir 5 jaar
19 Johan Pretorius – 35 jaar; 10 jaar opgeskort vir 5 jaar
20 Kobus Pretorius – 30jaar; 10 jaar opgeskort vir 5 jaar
21 Wilhelm Pretorius – 35 jaar; 10 jaar opgeskort vir 5 jaar
22 Rudi Gouws – 35 jaar; 10 jaar opgeskort vir 5 jaar
23 Jacques Jordaan. – 10 jaar geheel opgeskort vir 5 jaar

Lees ook:
Nuuskommentaar: Hoofstuk van Boeremagverhoor afgesluit

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Adri ·

Boeremag vonnisse:
1 Mike du Toit – 30jaar; 10 jaar opgeskort vir 5 jaar
2 Andre du Toit – 20 jaar; 10 jaar opgeskort vir 5 jaar
3 Koos du Plessis – 15 jaar; 10 jaar opgeskort vir 5 jaar
4 Adriaan van Wyk – 10 jaar geheel opgeskort vir 5 jaar

6 Deon van der Heever- 20 jaar; 10 jaar opgeskort vir 5 jaar
7 Giel Burger – 10 jaar geheel opgeskort vir 5 jaar
8 Jacques Olivier – 10 jaar geheel opgeskort vir 5 jaar
9 Pieter van Deventer – 10 jaar geheel opgeskort vir 5 jaar

11 Tom Vorster – 35 jaar; 10 jaar opgeskort vir 5 jaar
12 Dirk Hanekom – 30jaar; 10 jaar opgeskort vir 5 jaar
13 Dr Lets Pretorius – 30jaar; 10 jaar opgeskort vir 5 jaar

16 Jurie Vermeulen – 15 jaar; 10 jaar opgeskort vir 5 jaar
17 Vis Visagie – 5jaar verander na Korrektiewe toesig
18 Herman van Rooyen – 35 jaar; 10 jaar opgeskort vir 5 jaar
19 Johan Pretorius – 35 jaar; 10 jaar opgeskort vir 5 jaar
20 Kobus Pretorius – 30jaar; 10 jaar opgeskort vir 5 jaar
21 Wilhelm Pretorius – 35 jaar; 10 jaar opgeskort vir 5 jaar
22 Rudi Gouws – 35 jaar; 10 jaar opgeskort vir 5 jaar
23 Jacques Jordaan. – 10 jaar geheel opgeskort vir 5 jaa

Elize Mans ·

Kan die mense nie maar almal vry gelaat word nie,hulle sit nou al 10 jaar,hulle het alles verloor,tot hulle gesinne.Waarvoor moet hulle nounog gestraf word.Ek glo die grootste strafwat hulle moes verduur,is om hulle gesinne te verloor.
En finansieel,is hulle ook nou heeltemal verarm,en besit hulle niks.

Chris van Wyk ·

Wat het hulle nou eintlik bereik? Slegs n deel van hulle lewe opgeoffer vir n verloorsaak en hulle gesinne se lewens verwoes. Ek hoop ander soortgelyke persone sal besin voor hulle dieselfde doen. Chris

Demokraat ·

Stem saam Chris, lewens is verwoes vir ‘n verlore stryd op die manier waarop hierdie manne dit wou doen. Hulle was nooit realisties nie en daarom dan ook die mislukking van hul daad. Hoop dit is ‘n les vir vele wie dalk ook so-iets koester of beplan.

Of ons daarvan hou of nie – in Suid-Afrika sal die verloop van enige politieke aspirasies slegs maar langs die bestaande weë gevolg moet word, met ander woorde langs die weg van die demokratiese kanale soos dit tans bestaan.

hannelie ·

Chris en Demokraat – ….. ooooo maar julle is sooooo slim- nou sê bietjie van watter beter WERKBARE manier sou julle gebruik gemaak het om enigsins “n verskil te kon maak vir ‘n saak waarin julle glo – ?

Gert ·

Wat gaan die Staat doen met die manne wat nou te lank gesit het? gaan die Staat hulle vergoed.

Elize Mans ·

Dit is vir my on aanvaarbaar,dat hierdie Boere erger tronkstraf kry,as die swart Moordenaars,wat ons bejaardes en kinders op die wreedste manier vermoor.

Hulle het weer n lewe hiernaas,maar die families van die vermoordes,sit vir die res van hulle lewe,met verdriet.,En ons moet maar in tronke bly,wat geen misdaad gepleeg het nie.

Marie Stieger ·

Ek stem saam met Elize Mans. Die swart kriminele word presidente en jeugleiers wat wraak liedere sing maar die wittes word uitgeworpen van die samelewing. Hoe moeilik maak hulle dit nie vir ons om nie te haat nie.

BlinkStefaans ·

Chris, ek gaan maar ook eerder Tokkie se voorbeeld volg en niks sê wat ek wou kwytraak nie…Elize, welkom in NSA

Johannes Blom ·

Geskiedenis word deur die oorwinnaar geskryf om sy aandeel te regverdig, gister se moordenaars is vandag se helde. Mens kan maar net dink aan die families en die langpad wat nog voorle vir hulle. Op hierdie stadium gebeur veel ergere dinge in ons land wat almal raak ongeag ons ras. Ons volk kan/sal steeds n verskil maak.

Isabel Viljoen ·

Stilbly is n goeie antwoord,want wat ek wil erken sal nie gepas wees ni,ek hoop die families sal deur die onsinnige gebeurtenis die krag sal bekom wat hul verdien.

matruh pinkham ·

Ons harte is baie seer en gister was die trane baie, maar die Boervolk sal NIE gaan le nie. Ons is trots op die wat enduit by hul siening en stanpunte gebly het. As jy so rondom jou kyk en die gemors sien, dan wil ons vir julle se: JULLE IS HELDE! en ons EER julle met TROTS. Matruh en Henry Pinkham

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.