Hof lewer Boeremag-vonnis

Argieffoto. SAPA

Argieffoto. SAPA

Die vonnisuitspraak van die Boeremagverhoor is Dinsdag in die Noord-Gautengse hooggeregshof in Pretoria gelewer.

Die 20 mans is verlede jaar in Julie skuldig bevind aan verskeie kriminele misdrywe waaronder hoogverraad, moord en terrorisme vir ʼn komplot om ‘n staatsgreep uit te voer.

Die dekadelange verhoor het die belastingbetaler al meer as R30 miljoen gekos weens regskostes vir die beskuldigdes.

Regter Eben Jordaan het die mans Dinsdag tussen vyf en 35 jaar tronkstraf gevonnis.

Van die mans het al reeds meer as hul vonnis uitgedien en is vandag vrygelaat.

Hier volg die vonnisse. Van die beskuldigdes is reeds oorlede:

1 Mike du Toit – 30jaar; 10 jaar opgeskort vir 5 jaar
2 Andre du Toit – 20 jaar; 10 jaar opgeskort vir 5 jaar
3 Koos du Plessis – 15 jaar; 10 jaar opgeskort vir 5 jaar
4 Adriaan van Wyk – 10 jaar geheel opgeskort vir 5 jaar
6 Deon van der Heever- 20 jaar; 10 jaar opgeskort vir 5 jaar
7 Giel Burger – 10 jaar geheel opgeskort vir 5 jaar
8 Jacques Olivier – 10 jaar geheel opgeskort vir 5 jaar
9 Pieter van Deventer – 10 jaar geheel opgeskort vir 5 jaar
11 Tom Vorster – 35 jaar; 10 jaar opgeskort vir 5 jaar
12 Dirk Hanekom – 30jaar; 10 jaar opgeskort vir 5 jaar
13 Dr Lets Pretorius – 30jaar; 10 jaar opgeskort vir 5 jaar
16 Jurie Vermeulen – 15 jaar; 10 jaar opgeskort vir 5 jaar
17 Vis Visagie – 5jaar verander na Korrektiewe toesig
18 Herman van Rooyen – 35 jaar; 10 jaar opgeskort vir 5 jaar
19 Johan Pretorius – 35 jaar; 10 jaar opgeskort vir 5 jaar
20 Kobus Pretorius – 30jaar; 10 jaar opgeskort vir 5 jaar
21 Wilhelm Pretorius – 35 jaar; 10 jaar opgeskort vir 5 jaar
22 Rudi Gouws – 35 jaar; 10 jaar opgeskort vir 5 jaar
23 Jacques Jordaan. – 10 jaar geheel opgeskort vir 5 jaar

Lees ook:
Nuuskommentaar: Hoofstuk van Boeremagverhoor afgesluit

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

15 Kommentare

jongste oudste gewildste
Adri

Boeremag vonnisse: 1 Mike du Toit – 30jaar; 10 jaar opgeskort vir 5 jaar 2 Andre du Toit – 20 jaar; 10 jaar opgeskort vir 5 jaar 3 Koos du Plessis – 15 jaar; 10 jaar opgeskort vir 5 jaar 4 Adriaan van Wyk – 10 jaar geheel opgeskort vir 5 jaar 6 Deon van der Heever- 20 jaar; 10 jaar opgeskort vir 5 jaar 7 Giel Burger – 10 jaar geheel opgeskort vir 5 jaar 8 Jacques Olivier – 10 jaar geheel opgeskort vir 5 jaar 9 Pieter van Deventer – 10 jaar geheel opgeskort vir 5 jaar 11… Lees meer »

Elize Mans

Kan die mense nie maar almal vry gelaat word nie,hulle sit nou al 10 jaar,hulle het alles verloor,tot hulle gesinne.Waarvoor moet hulle nounog gestraf word.Ek glo die grootste strafwat hulle moes verduur,is om hulle gesinne te verloor.
En finansieel,is hulle ook nou heeltemal verarm,en besit hulle niks.

Tokkie

Sal maar liewer nie sê wat ek regtig wou kwytraak nie.

Chris van Wyk

Wat het hulle nou eintlik bereik? Slegs n deel van hulle lewe opgeoffer vir n verloorsaak en hulle gesinne se lewens verwoes. Ek hoop ander soortgelyke persone sal besin voor hulle dieselfde doen. Chris

Gawie Botha

Jy moet jou “Buddy” beter ken as jouself! dan sal sulke dinge nie gebeur nie!