Hof lewer uitspraak oor DKD-regstelaksiesaak

hofhamertjie-2-320x264Een van die belangrikste uitsprake oor regstellende aksie in Suid-Afrika is pas in die arbeidshof in Kaapstad gelewer.

Die vakbond Solidariteit het namens 10 werknemers die departement van korrektiewe dienste (DKD) in die arbeidshof oor die departement se omstrede regstellendeaksieplan gepak. Die hof het ten gunste van Solidariteit beslis en bevind dat die DKD se regstellendeaksieplan onbillik is.
 
Volgens Solidariteit kan hierdie uitspraak die gesig van regstellende aksie in die hele staatsdiens vir altyd verander. Die vakbond hou tans ʼn mediakonferensie. 

Lees die opvolgartikel hier.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Marius Vermaak ·

Baie geluk Slidariteit. Ons is bly julle het die saak gewen.

Dirk Hall ·

Die Grondwethof het nog nie sy sê gesê nie. Steeds nie die einde nie!

Salmon Visser ·

Dankie en baie geluk Julle kan maar seker weet die DKDsal die hofuitspraak minag .Die vraag is wat kan en gaan ons doen indien die DKD soos ander nie die hofuitspraak eerbiedig nie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.