Hof lewer vandag uitspraak in Solidariteit se regstelaksiesaak teen DKD

hofbevelEen van die belangrikste uitsprake oor regstellende aksie in Suid-Afrika gaan vandag in die arbeidshof in Kaapstad gelewer word. Die vakbond Solidariteit het namens 10 werknemers die departement van korrektiewe dienste (DKD) in die arbeidshof oor die departement se omstrede regstellendeaksieplan gepak. Volgens Solidariteit kan hierdie uitspraak die gesig van regstellende aksie in die hele staatsdiens vir altyd verander. Die hofverrigtinge begin om 10:00.

Ingevolge die DKD se regstellendeaksieplan moet die nasionale rassedemografie in elke werksplek, selfs op provinsiale en streeksvlak, weerspieël word. Gevolglik staan wit en veral bruin werknemers in die Wes-Kaap bykans geen kans meer op bevordering en aanstellings nie.

Solidariteit het namens Linda-Jean Fortuin, Christopher February, André Jonkers, Geo-nita Baartman, Pieter Davids, Derick Wehr, Jan Kotze, Desiree Merkeur, Deidre Jordaan en Teresa Abrahams opgetree. Die betrokke persone was telkens die beste kandidate vir die onderskeie poste waarvoor hulle aansoek gedoen het en hul velkleur is die enigste rede waarom hulle nie aangestel is nie. In al die gevalle het die DKD geargumenteer dat die nasionale rassedemografie as maatstaf gebruik moet word.

Die DKD se plan bepaal dat bruin Suid-Afrikaners slegs 8,8% van die werknemers in die DKD in die Wes-Kaap moet uitmaak, terwyl bruin Suid-Afrikaners sowat 51% van die ekonomies aktiewe bevolking in die provinsie uitmaak. Indien die nasionale rassedemografie op die Wes-Kaap toegepas word, sal dit beteken dat daar sowat een miljoen bruin Suid-Afrikaners te veel in die Wes-Kaap is.

Solidariteit het aangevoer dat die DKD se blatante beleid van absolute rasseverteenwoordiging onbillik, irrasioneel en onwettig is. 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Gareth Gillmer ·

Hoop hul wen. Ek het al vele keure in SAP aansoek gedoen maar my velkleur is verkeerd

Eben Pretorius ·

Wie is ‘EK”?? Is jy te slapgat om jou naam te koppel teen e-tol?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.