Hof lewer Vrydag uitspraak in Solidariteit se regstelaksiesaak teen DKD

hofhamertjie-2-320x264Een van die belangrikste uitsprake oor regstellende aksie in Suid-Afrika gaan Vrydag in die arbeidshof in Kaapstad gelewer word. Die vakbond Solidariteit het namens 10 werknemers die departement van korrektiewe dienste (DKD) in die arbeidshof oor die departement se omstrede regstellendeaksieplan gepak. Volgens Solidariteit kan hierdie uitspraak die gesig van regstellende aksie in die hele staatsdiens vir altyd verander. Solidariteit sal kort na die lewering van die uitspraak ʼn mediakonferensie by die Fuji Yumi-restaurant oorkant die arbeidshof hou. Die hofverrigtinge begin om 10:00.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.