Hof sê oor Mandela-grafte

Mandla Mandela

Die hooggeregshof in Mthatha in die Oos-Kaap sal na verwagting Woensdag ʼn besluit neem oor of die oorskot van Nelson Mandela se drie oorlede kinders weer teruggeskuif moet word na Qunu.

Mandla, Mandela se kleinseun, het dié drie se oorskot twee jaar gelede uit hul grafte in Qunu na Mvezo verskuif. Familielede het ʼn aansoek voor die hof gebring waarin hulle versoek dat Mandla die oorskot weer moet terugskuif na Qunu. Die familie het intussen ook ʼn klag van grafskending teen Mandla by die Bityi-polisiestasie ingedien. Die grafte is die van Mandela se oudste seun en Mandla se pa Makgato, Mandela se tweede seun Madiba Thembekile en sy eerste dogter Makaziwe.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.