Hof sê “Sondag-verkragter” mag afgeneem word

Johannes Jacobus Steyn. Foto: Werner Beukes/SAPA

Die Krugersdorp landdroshof het Woensdag gelas dat die media foto’s van Johannes Jacobus Steyn, of die sogenaamde “Sondag-verkragter”, mag publiseer.

“Geen foto’s mag geneem word gedurende hofverrigtinge geneem word nie maar die hof kan nie die media verbied om foto’s te neem voor en na die hofsaak nie,” het landdros Keith Page gesê. “Die hof kan ook die publisering van foto’s verbied nie…indien die media dit ag in die belang van geregtigheid.” Hy sê daar is geen aanduiding dat Steyn hierdeur benadeel sal word nie. Steyn se regsverteenwoordiger, Jack van Heerden, het die hof vroeër gevra om ʼn bevel te versterk waarvolgens die publisering van foto’s verbied word. Die staat sê intussen dat hy sy ondersoek voltooi het en dat die toksikologie-verslag die uitslag van DNS-toetse gereed is. Die saak is uitgestel tot 7 Maart vir die staat om die aanklagte te finaliseer.

Steyn word beskuldig van die ontvoering, verkragting en moord van Louise de Waal. De Waal is in Oktober verlede jaar ontvoer terwyl sy en ‘n vriendin op pad skool toe was in Randburg. Haar verkoolde lyk is dieselfde dag op ‘n verlate plaas in Magaliesburg gevind. Steyn staan tereg op 13 aanklagte van verkragting, 10 van ontvoering, ses van seksuele aanranding en ʼn klag van moord. Die “Sondag-verkragter” het verlede jaar na bewering twee skoolmeisies in Pretoria-Wes ontvoer. Die een meisie het glo uit die ontvoerder se bakkie gespring en is dood. Die ander meisie is verkrag. Die “Sondag-verkragter” word verbind met verkragtings in Vanderbijlpark, Krugersdorp, Potchefstroom, Pretoria en Rustenburg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.