Hof sê vandag oor e-tol

tolhek 2Die appèlhof in Bloemfontein lewer vandag uitspraak oor die inwerkstelling van die e-tolstelsel op Gautengse hoofweë.

Die Bondgenootskap teen Stedelike Tol (OUTA) het appèl aangeteken teen regter Louis Vorster se uitspraak op 13 Desember 2012 dat die e-tolstelsel in Gauteng kan voortgaan. OUTA het aangevoer dat daar baie foute in die uitspraak was.

Dipuo Peters, die minister van vervoer, het Maandag gesê die e-tolstelsel kan voor die einde van die jaar in werking tree. “Ons het verlede week die regulasies finaliseer en gaan vandeesweek die tariefstruktuur uitwerk, waarna dit aan die publiek bekend gemaak gaan word,” het Peters gesê. Die tariewe sal vir 30 dae lank publiseer word, waartydens die publiek kommentaar daaroor kan lewer. “Na die 30 dae sal dit tussen sewe en 14 dae neem voor die e-tolstelsel in werking tree.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.