Hof stuit grondgrypers

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Beskermingsbevel is Donderdag aan AfriForum toegestaan teen grondgrypers in Howick, KwaZulu-Natal.

Die beskermingsbevel is ingevolge die Wet op die Beskerming teen Teistering, Wet 17 van 2011 toegestaan. AfriForum is deur Peter Train, ʼn boer in die Howick-omgewing om hulp genader nadat die Msomi-familie herhaaldelik doodsdreigemente teenoor hom en sy vrou gemaak het.

“Dit is ʼn groot oorwinning vir Train, maar ook vir boere regoor Suid-Afrika. Die uitspraak skep ʼn presedent ingevolge waarvan boere teen onregmatige optrede van grondgrypers beskerm word en waarmee hulle ook hul eiendomsreg kan beskerm,” sê Ian Cameron, AfriForum se hoof van gemeenskapsveiligheid.

Veral die doodsdreigemente wat teen die Trains gemaak is, het AfriForum genoop om daadwerklik op te tree.

“Die Msomi’s is vantevore gewaarsku om nie met die Trains kontak te hê totdat die grondeis in die hof voorkom nie, maar die familie wou nie saamwerk nie,” sê Chris Fourie, AfriForum se gemeenskapskoördineerder in KwaZulu-Natal. “Dit was gevolglik nodig om die eienaar se posisie deur middel van ʼn hofbevel te verseker.”

Volgens Fourie kan die staat nie die Trains se veiligheid verseker nie, veral omdat die polisie steeds weier om plaasaanvalle te prioritiseer en ʼn behoorlike beskermingsplan vir boere in afgeleë gebiede op te stel. Daarom sal AfriForum alles in sy vermoë doen om die regmatige eienaars se regte te beskerm.

AfriForum is weer op 23 Januarie 2014 in die hof waar sake van betreding en kwaadwillige saakbeskadiging teen dieselfde persone ten opsigte van dieselfde plaas aangehoor word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Demokraat ·

Dankie AfriForum vir julle bemoeienis met velerlei sake wat menigte nadelig raak omdat die ANC-regering nie daadwerklik optree nie.

Ek is trots daarop dat ek ook maandeliks ‘n bydrae tot AfriForum kan maak en wil graag andere, wie nog nie ‘n finansiële bydrae maak nie, aanmoedig om dit wel te doen. Die fondse word baie doelmatig aangewend.

Ria Maritz ·

Uitstekende nuus dat AfriForum die saak opgeneem het, BAIE DANKIE.

Aan die gesin, beveilig julself op elke moontlike wyse.

Grassie ·

Welgedaan Afriforum. Ek het onlangs na baie wik en week by julle aangesluit maar weet nou dat ek die regte ding gedoen het. Doet so voort.

JD ·

Grassie, hoekom moes jy so lank gewik en -weeg het. Jy kon mos lankal sien dat Afriforum uitstekende werk doen en vir ons veg. Nietemin….baie geluk dat jy uiteindelik die lig gesien en aangesluit het!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.