Hof: Verskaf water aan Carolina

Die minister van water en omgewingsake, Edna Molewa, sê haar departement sal help om water te verskaf aan Carolina, Silobela en Caropark.

Dit kom nadat die hooggeregshof in Pretoria Dinsdag die Gert Sibande-distriksmunisipaliteit beveel het om binne 72 uur skoon water aan die inwoners te verskaf. “Selfs al is die beveel nie teen die departement nie, sal ons verseker dat die uitspraak teen die munisipaliteit aangespreek word,” het Molewa tydens ʼn mediakonferensie gesê. Volgens die hofbevel moet die munisipaliteit ʼn minimum van 25 liter drinkbare water per dag aan elke persoon verskaf. Molewa sê sy het Dinsdagoggend die uitslag van toetse op die water teruggekry, wat bevestig dat dit aan die nodige standaarde voldoen. Molewa het tydens die mediakonferensie gesê vier myne in die omgewing is verantwoordelik vir die besoedeling van die water.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.