Hof verwerp Zuma wantroue-mosie

Pres. Jacob Zuma. Foto: GCIS

Die konstitusionele hof het Dinsdag ʼn aansoek, dat ʼn mosie van wantroue teen president Jacob Zuma in die parlement gedebatteer moet word, met koste van die hand gewys.

“Die aansoek word verwerp,” het adjunk-hoofregter Dikgang Moseneke gesê.

Moseneke sê volgens die parlement se reëls het Max Sisulu, speaker van die parlement, nie die mag om ʼn mosie van wantroue teen Zuma te skeduleer nie.

Lindiwe Mazibuko, die DA se parlementêre leier, en ander opposisiepartye het die mosie op 8 November in die parlement ter tafel gelê. Max Sisulu, speaker van die parlement, het egter besluit om nie ʼn debat oor die mosie te skeduleer nie aangesien daar nie konsensus bereik kon word nie. Die partye het hierna die hooggeregshof in Kaapstad genader waarna regter Dennis Davis bevind het dat die mosie voor die parlement moet dien maar dat die hof nie aan die parlement kan voorsê oor wanneer dit moet gebeur nie. Davis het bevind dat slegs die konstitusionele hof dit kan doen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

G@TVOL ·

Hy het beslis, die hele ANC iskelms en vat net ons land se geld vir hul self

JAVR ·

Ek dink hy het mugabe opgelei! Natuurlik het hy ‘n vinger in die pie! Hy sal nooit in der ewigheid hoef in die hof te verskyn vir sy skelmstreke nie. Hulle laat maar net ‘n ander ou arresteer en siedaar!! Problem solved.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.