Hofbevel om Henning-kind te beskerm

Die vermoorde Chanelle Henning.

Die hooggeregshof in Pretoria het gelas dat geen foto’s of videomateriaal van die vermoorde Chanelle Henning se kind meer gepubliseer of gewys mag word nie.

Die aansoek is voor die hof gebring deur Corné Lindeque, wat deur ʼn hof aangestel is as die kind se regsverteenwoordiger. Regter Andre Louw het verder gelas dat geen inligting rakende die ondersoek na kwessies wat verband hou met die kind se sorg, kontak en woonplek bekendgemaak mag word nie. Lindeque het die aansoek gebring om te keer dat die kind verder blootgestel word in die media aangesien een van die verdagtes in Henning se moord weer die week in hof verskyn het. Lindeque se aansoek is deur die kind se pa en Henning se ouers ondersteun. Lindeque sê ʼn mediastorm het om die kind en familie losgebars sedert die moord op Henning. Sy sê die media het onmiddellik na die moord begin om foto’s van Henning en haar seuntjie te publiseer. Lindeque sê die kind ontvang tans terapie om die trauma van sy ma se dood te verwerk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.