Hofbrand raak nie Malema-saak

Die foto is deur @Chantefabulous op Twitter gelaai.

Die brand wat Vrydag ʼn deel van die Polokwane-landdroshof verwoes het, sal nie Julius Malema, geskorste ANC Jeugliga-leier, se geldwassery-saak raak nie.

Mthunzi Mhaga, woordvoerder van die departement van justisie, sê geen van die polisieverklarings wat verband hou met Malema se saak was by die hof gewees nie. “Ons moet nog bepaal wat was die skade aan hofdokumente maar mense moet nie paniekerig raak nie.” Malema moet weer op 30 November in die hof verskyn op aanklagte van geldwassery. Hy is uit op borg. Mhaga sê indien enige hofdokumente vernietig is, kan dit weer saamgestel word. Sake wat in die Polokwane-landdroshof aangehoor moes word sal intussen tydelik by ʼn hofsaal in die Limpopo hooggeregshof aangehoor word. Mhaga sê die oorsaak van die brand is nog nie bekend nie. “Ek kan bevestig dat dit in een van die kantore begin het waarna dit versprei het.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.