Hofbrand word ondersoek

Foto: Mariba Alugumi/Twitter

Die polisie het ʼn amptelike ondersoek van stapel gestuur nadat ʼn groot gedeelte van die Polokwane-landdroshof Vrydag afgebrand het. Die brand het omstreeks 10:00 uitgebreek en die hofgebou moes ontruim word. Niemand is ernstig beseer tydens die voorval nie. Die brand het glo in ʼn kantoor ontstaan.

“Die skade wat die brand aangerig het, kan nog nie in dié stadium bepaal word nie,” het Mthunzi Mhaga, woordvoerder van die departement van justisie, Maandag gesê.

Mhaga het Saterdag gesê die brand sal nie Julius Malema, geskorste ANC Jeugliga-leier, se geldwassery-saak raak nie. Lees meer hier.

“Indien enige hofdokumente vernietig is, kan dit weer maklik saamgestel word. Sake wat in die Polokwane-landdroshof aangehoor moes word, sal intussen tydelik by ʼn hofsaal in die Limpopo-hooggeregshof aangehoor word. Sake sal ook na ander howe in die gebied geskuif word.”

Mense met navrae oor enige sake en waar dit aangehoor gaan word, kan die departement by 015 287 2000 kontak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.