
Steve Hofmeyr en Janine van der Vyver vroeër vanjaar tydens Maroela Media se bekendstelling by die Voortrekkermonument.
Hofmeyr skryf op sy Facebook-blad: “Tydens die verfilming van KOL OP DIE MAAN in ‘n kasteeltjie in die Maluti berge het Janine gevra om my nuwe CD omslag se spelling na te gaan. Agter op my nuwe CD vra ek haar, onder die bedankings, of sy nie sal oorweeg om my vrou te wees nie. Sy’t amper verby gelees! Toe sy opkyk, was die ring reg!” Die ring is gemaak deur Jenna Clifford en daar is 94 diamantjies daarin geset. Die video word by die luukse Rapunzel’s Tower-gastehuis in Clarens geskiet. Hofmeyr het vroeër die jaar op sy Facebook-blad aangekondig dat hy en Van der Vyver ʼn paartjie is nadat hy vroeër van sy vrou, Natasha Sutherland, geskei is.