Hofmeyr vra die jawoord op CD-omslag

Steve Hofmeyr en Janine van der Vyver vroeër vanjaar tydens Maroela Media se bekendstelling by die Voortrekkermonument.

Die sanger Steve Hofmeyr het sy vriendin Janine van der Vyver die jawoord gevra tydens die verfilming van sy nuwe video vir liedjie ‘Kol op die maan’ in Clarens in die Oos-Vrystaat.

Hofmeyr skryf op sy Facebook-blad: “Tydens die verfilming van KOL OP DIE MAAN in ‘n kasteeltjie in die Maluti berge het Janine gevra om my nuwe CD omslag se spelling na te gaan. Agter op my nuwe CD vra ek haar, onder die bedankings, of sy nie sal oorweeg om my vrou te wees nie. Sy’t amper verby gelees! Toe sy opkyk, was die ring reg!” Die ring is gemaak deur Jenna Clifford en daar is 94 diamantjies daarin geset. Die video word by die luukse Rapunzel’s Tower-gastehuis in Clarens geskiet. Hofmeyr het vroeër die jaar op sy Facebook-blad aangekondig dat hy en Van der Vyver ʼn paartjie is nadat hy vroeër van sy vrou, Natasha Sutherland, geskei is.

Die Jenna Clifford-ring waarin 94 diamantjies geset is. Foto: Facebook

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.