Hofordonnans verskyn oor omkoopgeld vir seks

hofhamertjie31ʼn Adjudant-offisier wat daarvan beskuldig word dat hy ʼn verhoorafwagtende uit sy sel by die Wynberg-streekshof gelaat het om seks te hê, het Donderdag in die hof verskyn.

Ao. Bongano Ndikho (42) was ten tyde van die beweerde voorval ʼn hofordonnans by die Wynberg-streekshof. Die gevangene, John Maggot, het Ndikho glo R150 gegee sodat hy uit sy sel gelaat kan word om met sy vriendin seks te hê. Ndikho het Donderdag in die Bellville se gespesialiseerde kommersiële misdaadhof verskyn op twee aanklagte van korrupsie. Die eerste aanklagte hou verband met die R150 omkoopgeld wat hy glo aanvaar het. Ndikho word ook daarvan beskuldig dat hy omkoopgeld van Maggot aanvaar het om vir hom dwelms te smokkel. Maggot het saam met Ndikho in die hof verskyn en staan ook tereg op twee aanklagte van korrupsie. Die saak is tot 28 Januarie uitgestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.