Hokduikers se noue ontkoming met grootwithaai

‘n Maatskappy van Gansbaai wat haai-hokduike reël, het die gapings van die hok se rame kleiner gemaak nadat ‘n grootwithaai onlangs tydens ‘n duikekspedisie sy kop in die hok in gedruk en amper ‘n toeris gebyt het.

The Cape Times berig die toeriste van Kanada, is Donderdag deur die 2.5 meterlange haai aangeval. Die aanval is deur die groep op film vasgelê.

Volgens Bryan Plummer, die kameraman wat die video op YouTube gelaai het, het die haai die aas ignoreer en direk op die hok afgepyl. Die haai het sy kop deur die loergat gedruk waarna een van die duikers, slegs bekend as, Roger, vinnig reageer en gekoes om die haai se dodelike kake te vermy. Roger het glo die vorige dag getrou.

Die koerant berig dit was die eerste keer in die maatskappy se 18-jarige bestaan dat so iets gebeur het. Alhoewel niemand seergekry het nie, is die voorval by die betrokke owerhede aangemeld.

Kim MacLean, voorsitter van die Great White Shark Protection Foundation (GWSPF), sê dit was ‘n geïsoleerde voorval en dat hokduike oor die algemeen veilig is en dat duikers nooit in ernstige gevaar is nie.

WAARSKUWING: Die persone in die video gebruik erge kru taal en kan sensitiewe lesers ontstel. Hier is ʼn skakel na die video op YouTube.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.