Hollywood-akteur dood gevind

Cory Monteith. Foto: Facebook

ʼn Akteur wat bekendheid verwerf het vir sy rol in die musikale televisiereeks Glee se liggaam is Saterdagmiddag in ʼn hotelkamer gevind.

Cory Monteith (31) het Finn Hudson in die trefferreeks gespeel. Sy liggaam is in sy kamer op die 21ste vloer van die Fairmont Pacific Rim-hotel in Vancouver gevind. Doug Lepard, adjunk-polisiehoof, sê hulle vermoed geen vuilspel nie. Hy sê Monteith se liggaam is deur skoonmaakpersoneel gevind nadat hy nie uitgeboek het nie. “Ek het nie woorde nie. My hart is gebreek,” het Dot-Marie Jones, wat saam met Monteith in Glee te sien was, op Twitter gesê. Monteith het homself in April vanjaar by ʼn rehabilitasiesentrum ingeboek vir “verslawing.” Lea Michele, Monteith se mede-ster en meisie in die regte lewe, het destyds aan People Magazine gesê sy ondersteun hom en dat sy trots is op hom.

Monteith het ook gasverskynings gemaak op televisiereekse soos Smallville, Stargate en interns. Hy was ook te sien in rolprente soos Final Destination 3, The Inivisible en Whisper.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.