Cory Monteith (31) het Finn Hudson in die trefferreeks gespeel. Sy liggaam is in sy kamer op die 21ste vloer van die Fairmont Pacific Rim-hotel in Vancouver gevind. Doug Lepard, adjunk-polisiehoof, sê hulle vermoed geen vuilspel nie. Hy sê Monteith se liggaam is deur skoonmaakpersoneel gevind nadat hy nie uitgeboek het nie. “Ek het nie woorde nie. My hart is gebreek,” het Dot-Marie Jones, wat saam met Monteith in Glee te sien was, op Twitter gesê. Monteith het homself in April vanjaar by ʼn rehabilitasiesentrum ingeboek vir “verslawing.” Lea Michele, Monteith se mede-ster en meisie in die regte lewe, het destyds aan People Magazine gesê sy ondersteun hom en dat sy trots is op hom.
Monteith het ook gasverskynings gemaak op televisiereekse soos Smallville, Stargate en interns. Hy was ook te sien in rolprente soos Final Destination 3, The Inivisible en Whisper.
Een kommentaar