Hollywood-bekende spring van brug af

ʼn Bekende Hollywood-regisseur is Sondag dood nadat hy glo van ʼn brug in Los Angeles af gespring het.

Tony Scott was die regisseur van treffers soos onder andere Top Gun, Days of Thunder en Beverly Hills Cop II.

Scott (68) het glo van die Vincent Thomas-brug tussen San Pedro en Terminal-eiland gespring.

Luitenant Joe Bale het aan media gesê Scott se dood word as ʼn selfmoord ondersoek. ʼn Selfmoordbrief is in sy swart Toyota Prius, wat naby die brug geparkeer was, gevind.

Tony Scott

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.