Michael Clarke Duncan is Maandag in Los Angeles op ʼn ouderdom van 54 dood, twee maande ná hy ʼn erge hartaanval gehad het.
Die akteur is bekend vir sy rolle in onder meer Armageddon, Planet of the Apes, Kung Fu Panda, The Scorpion King, Daredevil, Sin City en The Green Mile.
Omarosa Manigault, die akteur se verloofde, het sy dood bevestig. Radaronline.com berig sy het op 13 Julie Duncan se lewe gered toe sy kardio-pulminêre resussitasie op hom toegepas het tydens sy hartaanval. Hy was sedert die voorval in ʼn hospitaal in Los Angeles en het nooit volkome herstel nie.
Hy is van die Oscar vir “Best Supporting Actor” geroof deur Michael Caine, dink ek! Sy spel in The Green Mile was meesterlik.