Hollywood-fliekmakers beraam glo planne om Oscar Pistorius en Reeva Steenkamp se tragiese Valentynsdagdrama na die silwerdoek te bring.
The Daily Mail berig Ryan Gosling en Charlize Theron is glo genader om Oscar en Reeva se rolle te vertolk. Gosling het glo gesê die versoeking is daar om so ʼn hoëprofiel-rol te vertolk.
The Daily Mail beweer twee draaiboeke oor die Oscar-sage word tans ontwikkel en dat ʼn groot rolprentvervaardiger binnekort die amptelike aankondiging sal maak.