Hond byt vyf mense in Pretoriase woonbuurt

 

Argieffoto

Vyf mense is beseer nadat ʼn hond hulle Sondagmiddag in Booysens in Pretoria aangeval het.

LookLocal Moot berig die voorval het omstreeks 18:00 plaasgevind. “ʼn Amerikaanse veghond het los in die straat gehardloop en twee bejaarde vroue aangeval. ʼn Buurman het daarna tot die vroue se redding gekom en is ook deur die hond aangeval,” het Albert Jansen van Nieuwenhuizen, ʼn woordvoerder van Best Care Ambulansdienste, gesê.

“Die hond het toe ʼn ander vrou en haar dogter aangeval voordat dit weggehardloop het,” het Van Nieuwenhuizen bygevoeg. Al vyf mense het geringe tot matige beserings opgedoen. Die mense is op die toneel gestabiliseer en na die Netcare Moot-hospitaal geneem vir verdere behandeling.

Die hond is nog nie opgespoor nie.

Bron: LookLocal Moot

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.