ʼn Vrou is naby Dutywa in die Oos-Kaap in hegtenis geneem nadat inwoners gesien het hoe ʼn hond die ontbindende kop van ʼn baba eet.
Kapt. Jackson Manatha, ʼn polisiewoordvoerder, sê inwoners van Ngcingwana het Sondagaand die polisie ontbied nadat hulle die gru-toneel aanskou het. Manatha sê die polisie het ʼn 21-jarige vrou wat onlangs geboorte gegee het, in hegtenis geneem. Die vrou se baba is in ʼn vlak graf in haar huis se tuin begrawe. Manatha sê daar kon nog nie vasgestel word of die baba lewend gebore is nie. Die vrou word aangekla van verberging van geboorte en sal binnekort in die hof verskyn.