Hond red bejaarde toeris

polisieVino, ʼn Duitse herdershond van die honde-eenheid van George in die Wes-Kaap, het tot die redding van ʼn 76-jarige toeris van Brittanje gekom, nadat sy verdwyn het.

AlgoaFM het Vrydag berig die vrou het Woensdag by ʼn gasteplaas naby Victoriabaai verdwyn.

Kapt. Malcolm Pojie, ʼn polisiewoordvoerder, het aan die uitsaaier gesê Vino het haar opgespoor en  gevind waar sy in ʼn sloot in ʼn bebosde gebied van die plaas geval het.

“Die vrou was baie getraumatiseerd nadat sy omtrent 24 uur lank in die sloot moes spandeer,” het Pojie gesê. Die vrou is na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir behandeling en is in ʼn stabiele toestand.

Bron: AlgoaFM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Dedre Lategan-Burger ·

Dit is tog te pragtig en mooi so Vino, maar ek wil GRAAG ook n foto van Vino sien asb

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.