Hond se halsband lei tot man se dood

ʼn 47-jarige man van Port Elizabeth is dood ná sy geliefde hond se leiband tot ʼn fratsongeluk gelei het.

Rob Emslie het glo soms met sy hond se halsband om sy nek geloop sedert sy hond, Sheevah, vyf weke gelede van kant gemaak is, berig Beeld. Emslie, ook bekend as “Rob the Plumber”, het onlangs weer die leiband gedra toe hy die Butterfieldrestaurant in Kragga Kamma besoek het. Andy Green, ʼn vriend van Emslie, vertel Emslie het glo nie gesien ʼn stuk van die leiband is buite die deur vasgeknyp toe hy in sy motor geklim het nie. Kapt. Stanley Jarvis, woordvoerder van die polisie het bevestig dat die leiband om die wiel se as gedraai het toe Emslie agteruit gery het. Emslie is in die voorval verwurg en oorlede. ʼn Verbyganger het Maandagoggend op Emslie se liggaam afgekom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.