‘Hond van Helen Zille’, toe brand sy huis

ʼn Aktivis van die DA-jeug het talle van sy besittings verloor nadat sy huis in Gugulethu, Kaapstad aan die brand gesteek is in ʼn beweerde polities gemotiveerde aanval.

The Sunday Independent berig dat Luzuko Mngqibisa Saterdagoggend wakker geword het en rook geruik het. “Die eerste ding wat ek gesien het, was dat my klere, wat in ʼn sak naby die venster gehou is, aan die brand was. Ek het probeer gryp wat ek kon maar het my vingerpunte gebrand.” Volgens die berig het Mngqibisa langsaan na sy ouers toe gehardloop en nadat hy seker gemaak het hulle was ongedeerd, het hy sy bure se hulp ontbied en het hulle die brand geblus. Mngqibisa het aan die koerant gesê daar is ʼn gebreekte bottel en ʼn stuk lap in die huis gevind wat glo gebruik is om die brand te stig. Hy sê daar is ook ʼn paar swart handskoene en ʼn handgeskrewe nota gevind. “Die nota het gesê: ‘Ons gaan jou doodmaak, jou hond van Helen Zille’ en ‘los ons mense uit’ met verwysing na my pogings om meer lede vir die DA te werf,” het Mngqibisa gesê. “Hulle dink ek is ʼn verraaier aangesien ek swart is en die DA en die party se leier ondersteun.” Lt. kol. André Traut, woordvoerder van die polisie, het aan The Sunday Independent bevestig dat hulle ʼn saak van brandstigting ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

H J Bester ·

In die huidige Suid-Afrika, onder die bewind van Zuma en sy ANC-regering, is daar net geen respek meer vir enigiets nie en daarom vier misdaad, van aller aard, hoogty. Selfs menselewens is niks meer werd nie.

Wanneer sal daar inkeer kom by die regeerders sodat hulle sal besef dat ‘n land nie op so ‘n manier bestuur kan word dat daar nie meer vertroue by die inwoners bestaan nie. Alle ekonomiese, maatskaplike en opnbare strukture staan op wankelrige bene en lyk dit nie asof dit gou gaan verander nie. Mens vertrou maar net dat die 2014-verkiesing ‘n omwenteling gaan meebring in dié opsig dat die opposisie-partye meer veld gaan wen sodat die ANC se polieke greep verbreek word.

Kaspaas ·

Dieselfde goed wat onse Black Sash tannie goedgekeur het tydens apartheid , is nou besig om haar ondersteuners toe te kom. Die wiel draai …….. todat iemand die donker volk oortuig dat apartheid verby is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.