Hond, vark nou sekuriteitswagte

‘n Troetelvark soortgelyk aan dié een wat nou sy lyf in Kaapstad sekuriteitswag hou

ʼn Vark en ʼn hond is nou die sekuriteitswagte by ʼn motoronderdelewinkel in Kaapstad.

Klante by die Cortina-sentrum in Brooklyn moet eers verby Basil, ʼn troetelvark, en sy beste vriend, Pepper die hond, verbykom. “Dit was liefde met die eerste oogopslag,” het Leon du Preez, winkeleienaar, aan die Daily Voice gesê. “Hulle doen alles saam, hulle deel selfs hul tamaties en appels.”

Volgens Du Preez is Basil nie ʼn gewone vark nie, en druk hy nie sy neus in die modder of eet hy onhigiëniese kos nie. Pepper is baie beskermend teenoor die vark en hy hou ander honde van hom af weg.

Die twee slaap en eet elke dag saam.

Volgens Du Preez het niemand nog probeer inbreek sedert dié twee aan diens is nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.