Hond verjaag rowers in PTA-spogbuurt

Tayla, die pitbull wat die rowers verjaag het.

Tayla, die pitbull wat die rowers verjaag het.

Tayla, ʼn pitbull-teef, het Donderdagoggend vier rowers van ʼn huis in Waterkloof in Pretoria, verjaag nadat die groep mans ʼn gesin daar beroof het.

Sandy Swart was in die huis toe die mans toegeslaan het, het Chriso, haar eggenoot, Donderdag aan Maroela Media gesê. Die voorval het omstreeks 10:10 plaasgevind.

“Sandy, haar sussie en twee vriendinne en my pa was by die huis toe hulle deur die rowers oorval en aangehou is. Twee van die rowers het ʼn vuurwapen by hulle gehad en almal in die huis gedwing om op die vloer te lê,” het Christo gesê.

Die rowers het almal op die vloer met elektriese kabels vasgebind.

Hulle het die gesin se plasmatelevisie, juwele en twee handsakke gevat en na buite geloop, toe Tayla hulle gesien en op hulle afgestorm het. Tayla het een van die rowers gebyt waarna hulle met die gesteelde goedere van die toneel gevlug het. Sandy kon daarna daarin slaag om haarself los te wikkel en het die polisie ontbied.

Polisiebeamptes van die Brooklyn-polisiestasie en die polisiehelikopter was kort ná die voorval op die toneel om na die rowers te soek.

Volgens Christo is almal in die huis ongedeerd.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

MissBotha ·

Give that dog a bone!!!!!! Well gedaan woefie!!!!!! Jy moes hulle verskeur het,maar stil a job well done!!!! Bederf daai hond en pas hom op want hulle gaan die hond probeer vergiftig!!! Eks bly niemand is beseer nie! God se arms was verseker om julle gevou!!!!

Arina Bouwer ·

Dankie aan ons Hemelse Vader dat hulle almal veilig is. Daar is nie woorde om te beskryf wat hulle moes voel op daardie oomblik nie. Sandy, Adele en vriendinne ek dink aan julle.

adele van tonder ·

Dit was ek en my sussie. Hulle het di pistole teen my en my sussie se kop gedruk en op ons getrap. Di straightner het my en my sussie gebrand want sy was besig met haar hare. Hulle het heeltyd gese ons moenie vir hulle kyk ni! Ek en my sussie het gebid! Ons het an ons klein kindertjies gedink. Hulle het uit gegan om vriendin in te sleep en tayla het hulle bestorm. Di Here het ons beskem. Maar ek weet ni hoe om met alles te deal ni! Ek weet ni! Ek sien di hele tyd di ou met pistool. Ek huil aan mekaar en is bang!!!

Amelia ·

Adele, ek sal aan jul dink, en vir jul bid. Moenie dat die voorval julle lewens regeer nie, want anders het die rowers gewen. Want dan regeer hul nog steeds jul lewens. Ons sal vir julle bid, en ons glo julle gaan heel hierdeur kom. Sterkte aan julle almal.

magda nel ·

Ey Delli! Sjoe dis darem maar verskriklik, ek sal glo dat dit by julle spook! Is net baie bly jy en Sandy en julle vrnde is ok.

Amelia ·

Ek is net bly almal is veilig, al is van die goedere nou gesteel. Verdekselse goed!!! En gee daai hond ‘n GROOT stuk skaapboud. Hy het beslis jul lewens gered, want daai barbare sou beslis terug gekom het om julle dood te maak. Sterkte aan julle almal.

Jan ·

As elke boer n Pitt Bull aanskaf en hom reg groot maak sal daar 80% minder plaasmoorde wees of of meer. Daar is op U-Tube ook n video oor n Pitt Bull wat die koeel gevat het in n huisroof en dit oorleef het. Soek maar net vir Pitt Bull op U-Tube en die hele wereld gaan vir jou oop. n Pitt Bull is n huishond en hoort nie buite nie en daar is verskeie berigte waar inbrekers hulle rieme styf geloop het. n Vrou in Amerika beskryf dit so: Sy se sy kon nie glo dar haar Pitt Bull teef wat so n mooi temperament teenoor mense het, in so n monster kon verander nie. Sien n Pitt Bull het geen aggressie teenoor mense nie, en daarom is hulle liefde teenoor die mensdom meer as enige hond soort, en as jy sy liefde aanval dan word hulle monsters!

Jan ·

As elke boer n Pitt Bull aanskaf en hom reg groot maak sal daar 80% minder plaasmoorde wees of meer. Daar is op U-Tube ook n video oor n Pitt Bull wat die koeel gevat het in n huisroof en dit oorleef het. Soek maar net vir Pitt Bull op U-Tube en die hele wereld gaan vir jou oop. n Pitt Bull is n huishond en hoort nie buite nie en daar is verskeie berigte waar inbrekers hulle rieme styf geloop het. n Vrou in Amerika beskryf dit so: Sy se sy kon nie glo dar haar Pitt Bull teef wat so n mooi temperament teenoor mense het, in so n monster kon verander nie. Sien n Pitt Bull het geen aggressie teenoor mense nie, en daarom is hulle liefde teenoor die mensdom meer as enige hond soort, en as jy sy liefde aanval dan word hulle monsters!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.