Hond verskeur 52-jarige man in Benoni

ʼn 52-jarige man is ernstig beseer ná ʼn hond hom Maandagoggend na bewering in Northmead, Benoni, aangeval het.

Vanessa Jackson, ʼn woordvoerder van ER24, het gesê die man het in 3de laan gestap toe die hond oor die muur van sy erf, aan die oorkant van die pad, gespring het en die man aangeval het.

“Dit wil voorkom of die hond die man oor die pad getrek het, want die man was naby die huis gekry waar die hond uitgekom het,” het Jackson gesê.

Sekuriteitsbeamptes was kort daarna op die toneel en het nooddienste en die polisie ontbied. Hulle het die hond van die man af gekry en daarin geslaag om hom in die erf toe te maak.

“Die man het verskeie beserings aan sy arms en bene opgedoen. Hy het ook diep bytmerke in sy gesig. Hy is op die toneel gestabiliseer en per ambulans na die Tambo Memorial-hospitaal geneem.”

Jackson het aan Maroela Media gesê die betrokke hond is ʼn Rottweiler. Die polisie ondersoek die voorval alvorens die lot van die hond bepaal word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.