Hond word vermis nadat hy glo eienaar se lewe red

‘n Hond wat glo sy eienaar se lewe in ‘n ongeluk gered het, word nou vermis.

Roman, ‘n sewe maandeoue terrier, het op 30 Julie saam met sy eienaar, Brad Montgomery, in Texas, Amerika gery. Montgomery, ‘n student aan die Sam Houston State University, het beheer oor sy voertuig verloor toe sy band gebars en die voertuig in die rondte begin tol het. Die bakkie het glo drie keer gerol en Roman het uit die oop venster geval, berig die Madisonville Meteor.

Toe Roman uit die bakkie val, het Montgomery oorgeleun in ‘n poging om hom te gryp en familielede sê dít het Montgomery se lewe gered. “Die kajuit se dak het heeltemal ingeduik by die bestuurder se sitplek. “As hy nie oorgeleun het om die hond te help nie, sou hy dalk nie vandag hier gewees het nie,” het Sharil Griesmer, Montgomery se suster, gesê.

Roman word egter nou vermis nadat hy ná die ongeluk weggehardloop het.

Montgomery se vriendin, Josie Mundell, het net voor hulle in ‘n ander voertuig gery en sy het die ongeluk in haar truspieëltjie sien gebeur. Die beseerde Montgomery het ná die ongeluk Mundell gevra om na Roman te soek. Mundell het gesê sy het gesien die hond het in ‘n mielieland in gehardloop, maar hy het weggekom.

Montgomery en Mundell is albei in Indiana gebore en het was onderweg na Texas sodat Montgomery die universiteit daar kan bywoon. Montgomery het al sy besittings in die ongeluk verloor, volgens ‘n verklaring deur die polisie in Madison. Hy het ook ‘n rugbesering opgedoen en moes 17 steke kry ná die ongeluk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.