Honde byt 6-jarige kind dood

ʼn Sesjarige kind is Vrydagmiddag in Limpopo deur hul gesinshonde doodgebyt.

Volgens Derrick Banks, ʼn woordvoerder van ER24, het die voorval in Westenburgs, naby Polokwane, plaasgevind.

“Paramedici van Polokwane het op die noodoproep van die polisie reageer. Met hul aankoms het die polisie hulle na die toneel begelei waar die kind gelê het,” het Banks gesê. Die kind was reeds dood toe hulle daar aankom en is op die toneel dood verklaar.

Die kind se naam mag nog nie bekend gemaak word nie. Die rede vir die aanval is onbekend en die polisie ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.