Honde op die spoor van renosterstropers

Honde gaan binnekort opgelei word om renosterstropers in Suid-Afrika op te spoor.

“Die honde sal spesiaal opgelei word om op reserwes werksaam te wees,” het Steve Dell van die Pilanesberg Nasionale Park aan die Citizen-koerant gesê. “Dit sal R40 000 kos om een hond op te lei.” Dell het met die dagblad gesels ná ʼn veiling van ʼn skildery deur die dromspeler Neil Pauw van die Parlotones, wat gehou is om fondse in te samel om twee honde op te lei. Die skildery is ʼn abstrak van ʼn swart en wit renoster met rooi horings. “Die rooi is simbolies van die renoster se bloed,” het Pauw gesê. Die honde sal die spoor van stropers kan volg, en ammunisie en renosterhoring kan uitsnuffel. Die honde sal ook die wildbewaarders kan beskerm. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.