Honde veilig ná kapingsdrama

Bridget Shelle saam haar twee honde. Foto: Dries Liebenberg / Beeld

Bridget Shelley (60) van Alverstone, noord van Durban, is met haar twee honde herenig nadat hulle Dinsdag saam met haar voertuig gekaap is.

Drie mans het Shelley se Ford Bantam-bakkie Dinsdagoggend gekaap toe sy ná ’n uitstappie met die honde op pad huis toe was, berig Beeld. Shelley se honde is twee labradors, Shogun en Shingwetzi. Sy is by ʼn T-aansluiting gekaap en grond toe geslinger. Sy het opgestaan en wou na die bakkie se klap hardloop om die honde te kry, maar die kapers het weggejaag.

Shelley het haar tot sosiale mediaplatforms gewend in ʼn poging om die honde op te spoor. Haar hulpkreet het soos ʼn veldbrand versprei.

Sy is Woensdag met haar honde herenig nadat ʼn dierehawe van die voorval te hore gekom het. Die honde is by ’n huis in die woonbuurt Sherwood opgespoor, sowat 40km van waar haar bakkie gekaap is.

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.