Honde waarsku glo oor aardbewings

Argieffoto

‘n Stad in China gebruik honde om aardbewings te voorspel, nadat plaaslike media in dié land berig het dat bure oor vals alarms, naamlik ‘n geblaf, gekla het.

China word gereeld deur aardbewings geteister. Sowat 200 mense is dood of word vermis ná ‘n aardbewing Sichuan verlede maand getref het, en honderde duisende mense het al in die verlede in groot aardbewings omgekom.

Die aardbewingowerheid van Nanchang, die hoofstad van die Jiangxi-provinsie in die ooste, hou nou honde aan, aangesien hulle glo “abnormaal” sal optree indien ‘n aardbewing gaan plaasvind. Die honde kan die owerheid tot 10 dae voor die aardbewing in kennis stel. Die buro gebruik die honde op versoek van die provinsiale regering, en hoenders en eende kan glo ook gebruik word. Bure het egter op sosiale media hul misnoë uitgespreek oor die diere se tjankery in die aande. “Die aardbewingsowerheid in Nanchang het talle honde en hulle begin snags om 23:00 onophoudelik blaf,” het een persoon gesê.
Die honde is nou glo na ‘n laer vlak aardbewingsburo in die stad gestuur, maar ontken dat hulle onophoudelik blaf. Die honde kan glo ook met muilbande toegerus word om die inwoners se besware aan te spreek. Dit sal egter glo die doeltreffendheid van die honde beïnvloed.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.