
Argieffoto
‘n Man van die Noord-Kaap is Maandag dood aangetref nadat hy op ‘n plaas naby Jan Kempdorp glo deur drie bulterriër aangeval is, het die polisie gesê.
“’n Paar spore was rondom die liggaam,” het lt. Sergio Kock, woordvoerder van die polisie, gesê.
Daniel Mokae, ‘n plaaswerker, is Maandag omstreeks 07:20 deur die eienaar van die plaas se broer aangetref. Hy het met sy gesig na onder gelê. “Die oorledene was bebloed. Altwee sy ore word vermis en sy klere was geskeur toe die polisie by die toneel opgedaag het.”
Mokae is aangestel om die vee op die plaas te voer terwyl die plaaseienaar vir die naweek uitstedig was. Die honde word in hokke op die plaas aangehou. Die polisie sal ‘n nadoodse ondersoek doen om die oorsaak van sy dood te bepaal. ‘n Geregtelike doodsondersoek is geopen.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
16 Kommentare
Dink dit moet erg wees. Hier kom probleme vir die Boer.
Hoe het die honde uitgekom ?
Die boere kom met moord weg. Hierdie is beplan en klaar. Sluit toe, en wat is julle gevleuelde woorde altyd? Gooi die sleutels weg.
Die plaashonde beskerm net hulle gebied en dis die plaaswerf.
Het hy nie miskien die vee op die verkeerde plek probeer voer nie?
So naby die opstal.
Swartmag laat ek jou nou mooi vertel , jy moet jou feite agtermekaar kry!!!!. Ek het ook 2 Bull terrriers (teef) en ek het hulle om my te beskerm. Ek het geen vuurwapen< my 2 bull terriers is my wapen/ Jy kan met n geruste hart in my erf kom, maar durf jy net waag om uit te loop dan gaan jy dit berou .Hulle sal vir jou wys wie is die "baas" van die erf!!! So Mnr Swartmag tel jou woorde. Bull terriers is veg honde en hule is ook diere wat jy nie saam kos moet gee nie,… Lees meer »
Appartheid moet seker ook nog skuld kry.
Ns. aan almal. Ignoreer n kind wat te veel aandag soek net eenvoudig.