Honde word vir dood blameer

Argieffoto

Argieffoto

‘n Man van die Noord-Kaap is Maandag dood aangetref nadat hy op ‘n plaas naby Jan Kempdorp glo deur drie bulterriër aangeval is, het die polisie gesê.

“’n Paar spore was rondom die liggaam,” het lt. Sergio Kock, woordvoerder van die polisie, gesê.

Daniel Mokae, ‘n plaaswerker, is Maandag omstreeks 07:20 deur die eienaar van die plaas se broer aangetref. Hy het met sy gesig na onder gelê. “Die oorledene was bebloed. Altwee sy ore word vermis en sy klere was geskeur toe die polisie by die toneel opgedaag het.”

Mokae is aangestel om die vee op die plaas te voer terwyl die plaaseienaar vir die naweek uitstedig was. Die honde word in hokke op die plaas aangehou. Die polisie sal ‘n nadoodse ondersoek doen om die oorsaak van sy dood te bepaal. ‘n Geregtelike doodsondersoek is geopen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Trippie ·

Dink dit moet erg wees. Hier kom probleme vir die Boer.

Hoe het die honde uitgekom ?

SwartMag ·

Die boere kom met moord weg. Hierdie is beplan en klaar. Sluit toe, en wat is julle gevleuelde woorde altyd? Gooi die sleutels weg.

Trippie ·

Soek jy aandag – jy doen dit nou op die verkeerde forums ?

Hoe kan jy se dit was beplan ? PLAASMOORDE WORD BEPLAN, dan word daar altyd gese die volk was HONGOR !!!!!!!

SwartMag ·

Madam Trippie was u al eendag in u lewe sonder enige voedsel, nie uit vry wil nie, maar uit armoede. Het net nie kos nie. Ek betwyfel dit madam.
Waarom sou u se dat hier probleme vir die boer kom? U dink ook dus dat daar ‘n slang in die gras is? Of soos u en u vriende so graag op Media 24 sou se ek ruik rot.

Trippie ·

Jy’s lekker oorlams ne.

Nou aangesien ons mekaar ken van N24 se dae af, sou jy gesien het ek het nog NOOIT gese ek ruik rot nie – ek se ‘n ding soos hy is – FINISH EN KLAAR.

Boeremeisie ·

… En wie se skuld is dit dat jy honger gaan slaap het ! Jy’t net jou ouers om te blameer ! … Of moet die boere die skuld kry vir als omdat sekere mense te onnosel is om op ‘n eerlike manier ‘n goeie lewe vir hulself te maak ! Peanutkop !

JAVR ·

Swartmag, wat lees jy ons nuus voor. Duidelik hou jy nie van die boere nie so hoekom praat jy ons taal, hoekom skryf jy op ons blad, wat meng jy jou dan met ons? Vra jouself dit af en die antwoord sal wees……..ek wil ook een wees. Gaan lees jou eie nuus en kommentaar en los ons tog uit. Niemand stel belang in jou politiek en nonsens wat jy met die lae intelligensie kwyt raak nie! regtig!

Willy ·

Die plaashonde beskerm net hulle gebied en dis die plaaswerf.
Het hy nie miskien die vee op die verkeerde plek probeer voer nie?
So naby die opstal.

Poppie ·

Swartmag laat ek jou nou mooi vertel , jy moet jou feite agtermekaar kry!!!!. Ek het ook 2 Bull terrriers (teef) en ek het hulle om my te beskerm. Ek het geen vuurwapen< my 2 bull terriers is my wapen/
Jy kan met n geruste hart in my erf kom, maar durf jy net waag om uit te loop dan gaan jy dit berou .Hulle sal vir jou wys wie is die "baas" van die erf!!! So Mnr Swartmag tel jou woorde. Bull terriers is veg honde en hule is ook diere wat jy nie saam kos moet gee nie, dan baklei hulle. Wat ookal daar gebeur sal net die honde weet!!!!!!!! So dis nie die eienaar se skuld nie, jammer.

Jasper ·

Appartheid moet seker ook nog skuld kry.

Ns. aan almal. Ignoreer n kind wat te veel aandag soek net eenvoudig.

JAVR ·

Ja ek moes eers jou opmerking gelees het voor ek op die knaap se kommentaar gereageer het! Maar ek kan my so vir die onnooslike idiote vererg dat ek skoon hartkloppens kry!

Berita Drescher ·

Al wat ek te se het GROOOT ASB nou nie die hond gaan uitsit nie….die dier is daar om sy baas se eiendom te beskerm….vind net eers mooi uit wat het daardtoe gelei dat dit gebeur het. n Bull Terrier nog meer die een in die foto is nog minder aggressief as die Terrier Tipe…..daar is meer as een tipe …… die bull tipe soos die foto illustreer is n pragtige bull terrier met n wonderlike passie vir so te se alles wat beweeg….ai tog bring hom of haar na my asb,
\

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.