Hondegevegte is ʼn ernstige probleem

Argieffoto.

Die Dierebeskermingsvereniging (DBV) se tak in die Wes-Kaap het gesê dat hondegevegte ʼn ernstige probleem in die omgewing word.

Sewe tieners is Vrydag in hegtenis geneem wat vermoedelik by hondegevegte in Muizenberg betrokke was, berig EWN. Die tieners is tussen die ouderdom van 11 en 14 jaar oud.

Die DBV het beslag gelê op twee pitbull-terriërs en ʼn Duitse herdershond.

Lisa Marie Greeff-Vilet, ʼn woordvoerder van die Kaap van Goeie Hoop se DVB-tak, het gesê hulle tak, asook al die DBV’s regoor die land, verdra glad nie dié “wrede en bloedige sport” nie.

Die honde is na ʼn plek van veilige bewaring geneem.

“Een van die honde het ernstige beserings opgedoen en het oop wonde op sy neus en nek,” het Greeff-Vilet gesê. Dié hond is by die DBV se hospitaal behandel. “Al drie honde is stabiel en veilig,” het sy gesê.

Intussen het kapt. Fredrick van Wyk, woordvoerder van die polisie in die Wes-Kaap aan EWN gesê die DBV gaan addisionele klagtes van oortreding van die Wet op Dierebeskerming teen die seuns indien, aangesien die honde glo “duidelik gedwing is om te veg”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Trippie ·

Waar is hierdie kinders se ouers … duidelik ‘n gebrek aan opvoeding.

Nee hemel, indien hulle bloedige gevegte tussen diere kan hanteer, waartoe is hulle in staat oor ‘n paar jaar !?!?!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.