Hondegevegte neem toe

Argieffoto.

Argieffoto.

Die Kaap van Goeie Hoop se DBV is van mening dat hondegevegtesindikate “hoogs geheimsinnig”, “paranoïes” en ook “dink dat hulle bo die wet verhewe is”.

ʼn Ondersoek wat deur EWN gedoen is, het bevind dat hondegevegte ʼn wydverspreide probleem in Suid-Afrika is, met weddenskappe tot soveel as R1.5 miljoen wat aangegaan word vir ʼn enkele hondegeveg in Rustenburg.

Allan Perrings, ʼn woordvoerder van die DBV, het gesê die groepe is moeilik en baie gevaarlik om te infiltreer. “Hulle raak baie beskermend, beledigend en kan baie onvoorspelbaar optree. Van ons personeel is al gedreig en aangerand,” het Perrings gesê.

Hy sê seksuele gunste, dwelms en wapens gaan ook gepaard met amateurgevegte.

EWN het ook op ʼn geheime Facebook-groep afgekom vanwaar daar glo gevegte en kompetisies georganiseer en in ʼn geheime taal gekommunikeer word.

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Seg Net ·

Wat se genot kan mense daaruit put indien twee diere mekaar seer of dood maak?

Waaksaam ·

Dit gaan oor geld – daar word wettenskappe gemaak op die honde – dis baie groot geld waarvan mens hier praat.

vuurvreter ·

Seg net ek het hier in Bellville na so geveg gekyk en weggeloop. Jy sal nie glo hoe wreed dit is nie. Ek kon dae aan niks anders dink nie. Mog hulle eie honde hulle verskeur.

Trippie ·

Jinne tog, wat mense (of liewers barbare) nie alles sal uitdink vir geld nie, nou nog ‘n gehoer en rumoer ook by alles … dis om van naar te raak. Dis wreed, diere kan nie vir hulself praat nie – EK HOOP soos jy Vuurtjie, die eienaars wat hierdie gevegte reel word self deur hulle verskeur.

Trippie ·

Hoekom word die volgende weer by my kommentaar gevoeg : Your comment is awaiting moderation.

*** Seg en Vuurtjie *** wag julle ook ‘n ewigheid vir Maroela se blad om oop te maak, dieselfde geld die plasing van replieke ?

Het selfs vanmiddag ‘n boodskap ontvang dat ek my kommentaar te vinnig pos.

Seg Net ·

Maroela se blad het ook gewys dat hulle binnekort weer beskikbaar sal wees. Ek raak net die moer in as hulle mens se kommentaar so verwyder al seg mens niks teen iemand of vloek woorde nie. Soms seg mens iets baie erger en dit staan.

Dinknet ·

Ek het vreeslik gesukkel tuusen vier en vyf. Maar dis nou weer vinniger en beter! Het selfs n swart skerm gekry wat sê: Maroela Media is coming soon. Ek reken hul het bietjie gesukkel aan hul kant!

Trippie ·

Ek het dit ook gekry … maar dit vat STEEDS lank om berigte oop te maak en die pos van kommentaar ook … dis die rede waarom ek nie vanmiddag weer hier ‘n draai gemaak het nie … dalk kan die admin-personeel ons inlig of daar probleme is aan hulle kant.

vuurvreter ·

Trip daai woorde staan omtrent gereeld by my kommentaar. Seker Bester of Paul wat nie werk vir hulle hande het nie lol

Trippie ·

Hehehehehehehehehehehehehehehehehe … hoor jy hoe lekker lag ek ?

Kommentaar-spietkops !

Maggie ·

Vuurvreter jy het in Belville na so ‘n geveg gekyk en net weg geloop, ek glo dit nie, jy moes dit dadelik gerapporteer het, en moenie my vertel daar sou niks aan gedoen word nie, ek rapporteer gereeld diere mishandeling en daar is nog altyd opgetree, ek kry tot terugvoer van did DBV of polisie, aan wie ek ookal gerapporteer het. Maar tipies sekere boere, bekke groot op die forum maar draai hul rug as opgetree moet, dit maak my regtig naar, red nou ons volk met sulke mense. Nee wat ek kry skaam vir ons boeremense.

vuurvreter ·

More maggie jy laat my lag so vroeg. Daar was 4 polisie karre en 2 vangwaens teenwoordig. Aan wie moes ek dit gerapporteer het. Daai gattas sou my toegesluit het en later gese het ek het selfmoord gepleeg.

Gert Malan ·

Barbare wat hondegevegte toelaat sal eendag moet gaan antwoord, daaraan twyfel ek nie. ‘n Dier, meer spesifiek ‘n hond, soek net liefde, aandag en sy of haar kos, SO min gevra. Die groot probleem egter is die liefde vir geld – en soos ons deesdae sien, mense in Suid Afrika, raak mal wanneer hulle agterkom daar is ‘n manier om geld te maak want skeeloog en sy trawante leer die mense om gierig te wees. Dis so jammer.

Waaksaam ·

O, En die mense wat hulle honde so “free to a good home” op gumtree en olx adverteer …
GUESS WHAT: JULLE CONTRIBUTE …. hier is wat dog-fighters doen:
hulle soek juis die “free” honde en katte, laat vroulief en die kinders mooi aantrek, en hulle word dan gestuur om die hond/kat te gaan haal.
Wanneer hulle terug kom, word die dier gebruik as “bait” en word m@&R-toe verskeur en opgeneek deur die hond wat besig is om sy opleiding te kry.

http://ewn.co.za/2013/09/17/Dog-smuggling-linked-to-dog-fighting

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.