Hondegevegtesindikaat in PTA oopgevlek

Argieffoto.

Argieffoto.

Ses ernstig beseerde honde is Donderdag van ʼn hondegevegtesindikaat se perseel in Pretoria verwyder.

“Die polisie het agt mense in hegtenis geneem nadat ʼn klopjag Donderdagoggend vroeg by die sindikaat se perseel in Atteridgeville uitgevoer is,” het Este Kotze, ʼn woordvoerder van die Tshwane DBV, gesê.

Sy het gesê die klopjag het gevolg nadat die DBV verlede Maandag twee honde van dieselfde perseel verwyder het.

“Die DBV is in besit van beeldmateriaal wat wys hoe ʼn hond as lokaas gebruik word om ander honde te leer hoe om te veg. Die teef se mond was met dik kleefband toegedraai en sy was met ʼn ketting vasgebind, so daar was geen manier wat sy haarself kon verdedig óf vlug van die ander honde wat haar aangeval het nie.” Sy sê die beeldmateriaal wys hoe die hond vrek.

Volgens Kotze is ʼn saak van dieremishandeling by die Atteridgeville-polisie aanhangig gemaak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Justi ·

Die arme, arme hond! Hoe wreed kan die goed wat hulself as mense voorhou nie wees nie!
Hulle moet vasgeketting word met band om hul monde geplak en dan moet die honde losgelaat word om op hulle te oefen.
Persoonlik verag ek sulke “mense” en hoop hulle kry die swaarste straf denkbaar.

Belinda ·

Asb moet hierdie barbare nooit weer uit die tronk laat kom nie. Ek kan nie die wreedheid van mense glo nie. Die duiwel is los op hierdie aarde

yvonne ·

Hoop die mense vrek ook op so wreedaardige manier,
as wat hulle die diere doodmaak.

Anton ·

Dit is so siek! Wat gaan aan in iemand se verstand om so ‘n sadis te wees?

BlinkStefaans ·

@Anton, die sleutel woord is verstand. Party mense het dit nie….

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.