Honderde ANCYL-ondersteuners sak toe op Johannesburgse middestad voor Malema-verhoor

Golden Miles Bhudu van die South African Prisoners Organisation for Human Rights betoog Maandag buite Luthuli-huis in Johannesburg in protes teen ANC-jeugligaleier, Julius Malema, se dissiplinêre verhoor wat Dinsdag begin. Foto: Werner Beukes/SAPA

Die leier van die ANC-jeugliga, Julius Malema, se dissiplinêre verhoor begin Dinsdag by Luthuli-huis in Johannesburg.

Malema , sy woordvoerder en nog vier jeugligalede word daarvan aangekla dat hulle die verdeeldheid in die ANC en die party in oneer gebring het. Ontleders beskryf die verhoor as die moeilikste geveg van Malema se politieke loopbaan. Indien hy skuldig bevind word kan sy ANC-lidmaatskap vir tot vyf jaar opgeskort word en sal hy nie langer as jeugligaleier kan dien nie. Intussen het honderde ANC-ondersteuners Dinsdagoggend in die Johannesburgse middestad saamgetrek en veroorsaak dit chaos met die metropolisie wat talle strate moes afsper. Malema-ondersteuners beweeg deur die strate terwyl hulle op fluitjies en vuvuzelas blaas en vir motoriste wys om te stop of u-draaie te maak. ʼn Nagwaak is Maandagaand vir Malema in Beyers Naude-plein gehou. Malema se ondersteuners wil hê die ANC moet aanklagte teen hom en sy beamptes laat vaar. Die jeugliga se woordvoerder, Floyd Shivambu, die liga se adjunk-president, Ronald Lamola, die liga se sekretaris-generaal, Sindiso Magaqa, sy adjunk, Kenetswe Mosenogi en die tesourier generaal, Pule Mabe, word saam met Malema aangekla. Die jeugliga het gesê dat hy ʼn span na Botswana sal stuur om regime verandering te weeg te bring. Die regerende party het woedend op die uitlatings reageer. Die jeugliga het om verskoning gevra vir die uitlatings en sy verklaring teruggetrek. Malema is verlede jaar daaraan skuldig bevind dat hy president Jacob Zuma gekritiseer het. Daar is destyds gesê indien Malema binne twee jaar skuldig bevind word aan ʼn soortgelyke oortreding hy sy ANC-lidmaatskap sal verloor.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.