Honderde ‘misdadigers’ in Noordwes vas

Minstens 900 mense is die afgelope week vir verskeie misdade in Noordwes in hegtenis geneem.

Kol. Sabata Mokgwabone, woordvoerder van die polisie, sê nege mense is vir moord in hegtenis geneem, 19 vir verkragting, 195 vir aanranding, 10 vir poging tot moord, 44 vir huisbraak, 41 vir winkeldiefstal, 54 vir dwelmverwantemisdade en 70 vir die besit van gesteelde goedere. Mokgwabone sê die oorblywende arrestasies was vir verskeie ander misdrywe. Hy sê die polisie kon ook daarin slaag om op sewe selfone, 12 messe, twee gesteelde voertuie, 55 rondes ammunisie, 14 vuurwapens en verskeie dwelms beslag te lê. Mokgwabone sê die verdagtes sal binnekort in die onderskeie howe verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Trippie ·

Liewe genade, minstens 900 in hegtenis geneem, wat by my die vraag laat ontstaan, is daar enigsins nog plek in die tronke ?

Seg Net ·

Net ‘n vraag of twee. Waarom word dit nie elke dag gedoen nie? Is dit nie hulle daaglikse werk nie en waarvoor hulle daar is en betaal word nie?

Pieter Potgieter ·

Baie mooi wys ons julle kan elke dag dit doen. Dit is al baie beter geluk manne. Stuur hulle sommer Robeneiland toe dit was lank genoeg n. Monument vir skelms.

akram ·

Die hartseer is dat die howe van die klagtes as nie ernstig beskou nie. Borg sal moontlik toegestaan word en dis die kaartjie om weg te raak. Die werk was dan alles verniet. Dit breek n polisieman se spoed. n lasbrief word uitgereik en dan moet daar na nog n persoon gesoek word. Dubbel werk. Maar tenspyte, welgedaan.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.