Honderde passasiers op lughawe gestrand

Argieffoto

Honderde passasiers onderweg na Gauteng was Sondag tot Maandag op die Port Elizabeth-lughawe gestrand.

Baie van die passasiers was op pad terug huis toe na die lang Paasnaweek, berig Beeld.

Die passasiers was gestrand nadat vlugte weens digte mis na ander lughawens moes uitwyk. Daar was ook fout met die instrumentlandingstelsel op die hoofaanloopbaan.

Azaad Kassim, die lughawe se bestuurder, sê probleme met die instrumentlandingstelsel sou nie die vlugte beïnvloed nie, maar dat die mis en sterk winde ‘n gevaar ingehou het.

Ontstoke SAL-passasiers het aan die koerant gesê hulle sal nooit weer met SAL vlieg nie en dat die lugredery se optrede tenoor hulle onaanvaarbaar was. ʼn Passasier het gesê hulle is nie oor al die vertragings in kennis gestel nie en moes gevolglik lank op die lughawe vir nuus wag. Passasiers van ander lugrederye is gereeld deur SMSe op hoogte gehou.

– Sapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.