Honderde SA’ners se Facebook-profiele gekloon

Honderde Facebook-profiele is die afgelope tyd gekloon in ʼn poging om glo op ‘n skelm manier geld in te samel van die gebruiker se Facebook-vriende.

Volgens Bennie Labuschagne, ’n forensiese kenner van rekenaars, gebruik bedrieërs programme wat ontwerp is om toegang tot verbruikers se profiele te kry, deur veiligheidsmaatreëls te omseil, het The Times Dinsdag berig.

“Kloning is baie algemeen en is nou amper soos die 419-slenters, maar net op sosiale media gerig,” het Labuschagne gesê.

Dinesh Ramrathan, ʼn slagoffer wie se profiel gekloon is, het gesê ‘n vriendin het hom gebel om uit te vind waarom hy aanlyn vir geld vra. “Ek het toe agtergekom dat my profiel gedupliseer is,” het Ramrathan gesê. Die bedrieër het glo aamgevoer dat Ramrathan in die moeilikheid is en dringend geld benodig.

Manoj Maharaj, ʼn professor in inligtingstelsels aan die Universiteit van KwaZulu-Natal, het gesê hoewel Facebook met sy hoëtegnologie-sekuriteitstelsel nie deur kuberkrakers aangeval kan word nie, kan gebruikers hul daaraan blootstel as hulle op skakels klik van eksterne speletjies, toepassings of inkopie-webwerwe.

“Verbruikers klik op dié skakels sonder om te besef dat hul inligting aangestuur word. As kuberkrakers tot een van dié webwerwe toegang kry, is die verbruiker se inligting maklik bekombaar,” het Maharaj gesê.

– Sapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Annatjie ·

Hoe kan ek weet of uitvind of van my blaaie nie dalk gekloon is nie asseblief kan iemand my se hoe?
Baie dankie.

Maureen ·

Asb hoe en waar vind ek uit van di kloon op fb. My sus my gelukkig nou geskakel en vra hoekom stuur ek weer uitnodigings. ASB

Kobus ·

Dagsê Maureen en Annatjie,

Gebruik Facebook se soek-funksie en tik jou naam in. As jy ‘n kloon van jou profiel sien met een van jou foto’s, kan jy die profiel rapporteer by Facebook. Volg die stappe soos dit hier beskryf word.

Kontroleer ook jou privaatheidsinstellings op hierdie bladsy en maak seker jou profiel is nie sigbaar vir soekenjins nie.

Olive ·

Ek gaan glad nie in enige skakels in nie, neem nie deel aan speeletjies of enige iets soos in berig genoem nie, en tog is my profile ook gekloon. So kyk maar uit!

Marianca du Toit ·

Een van my kollegas het al ‘n hele paar friend requests van my af gekry, alhoewel ons alreeds vriende is op fb. Dis belaglik! Sover ek weet, het ek darem nog nie vir geld gevra nie ;)

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.