Ondersoekbeamptes wat moes vasstel of ’n Amerikaanse man werk terwyl hy met ongeskiktheidsverlof is, was uit die veld geslaan toe hulle ontdek dat Richard Parrinello 850 slange in sy motorhuis in New York aanhou en onwettig van sy huis af vir ‘n ekstra inkomste verkoop.
Parrinello het sy motorhuis in ’n groot slanghabitat omskep vir sy 850 slange en ander reptiele ter waarde van ’n halfmiljoen Amerikaanse dollar. Onder die slange was twee luislange wat reeds langer as twee meter was. Dié slange kan tot nege meter lank word en dit is onwettig om dié tipe slange in New York aan te hou.
Parrinello staar nou ernstige strawwe in die gesig – onder meer vir die onwettige bedryf van ’n besigheid en die besit van onwettige slange. Die luislange sal nou na ’n wildsreservaat in Massachusetts geneem word.
Wat mense ook sal doen vir geld nie.
Wel as hy so kan geld maak hoekom nie??? en as die grillerige goed versorg is watse skade is daar berokken …solank hy bereid is om met die goete te werk is dit mos in die haak … beter om so geld in die hande te kry as om te moor en steel …