Honderde slange in motorhuis gevind

luislangOndersoekbeamptes wat moes vasstel of ’n Amerikaanse man werk terwyl hy met ongeskiktheidsverlof is, was uit die veld geslaan toe hulle ontdek dat Richard Parrinello 850 slange in sy motorhuis in New York aanhou en onwettig van sy huis af vir ‘n ekstra inkomste verkoop.

Parrinello het sy motorhuis in ’n groot slanghabitat omskep vir sy 850 slange en ander reptiele ter waarde van ’n halfmiljoen Amerikaanse dollar. Onder die slange was twee luislange wat reeds langer as twee meter was. Dié slange kan tot nege meter lank word en dit is onwettig om dié tipe slange in New York aan te hou.

Parrinello staar nou ernstige strawwe in die gesig – onder meer vir die onwettige bedryf van ’n besigheid en die besit van onwettige slange. Die luislange sal nou na ’n wildsreservaat in Massachusetts geneem word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Ansie ·

Wel as hy so kan geld maak hoekom nie??? en as die grillerige goed versorg is watse skade is daar berokken …solank hy bereid is om met die goete te werk is dit mos in die haak … beter om so geld in die hande te kry as om te moor en steel …

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.