Honderde sterf weens diarree in buurland

Diarree bakterië

Diarree bakterië

Owerhede in Mosambiek het Dinsdag gesê nagenoeg 100 mense is dood nadat diarree in die sentrale provinsie uitgebreek het.

Aurelio Mausse, die mediese hoof by die Gurue-streekshospitaal in Zambezia, het gesê die hoogste aantal gevalle is twee weke gelede aangeteken, maar is nou onder beheer. Mausse het gesê die epidemie is hoofsaaklik weens ʼn tekort aan higiëne, en is versprei deur mense wat nie hul hande gewas het voordat hulle kos gemaak het nie en mense wat by markte en ander plekke geëet het.

Hy het ook gesê onwettige mynbedryf in die gebied het die riviere, wat die inwoners vir water gebruik, besoedel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

Stoere Boer ·

Higiëne is nou nie juis ‘n bekende woord in hul woordeskat nie en die vleis moet eers ryp wees. O ja en dan bad ons (as daar gebad word) en was wasgoed sommer in ons drinkwater. Snaaks dat die siektes so min in SA uitbreek. Seker het die siektes ook hul trots.

Seg Net ·

Hoe ver is ons nie ook daarvandaan nie? Van ons water is ondrinkbaar soos ek verneem ruik mens die vrot water as jy die kraan oopmaak.

Willy ·

Voer daardie epidemie dat ons renosters ‘n blaaskansie vir ‘n slag kan kry.

Trippie ·

… die fototjie laat my dink aan grondboontjies !

***

Hoe dit ookal sy – ek vat nie eers aan my hare as ek met voedsel werk nie. Was gereeld tussendeur hande … niemand mag my telefoon optel by die kantoor nie, los my selfoon uit, hysbak se knoppie word gedruk met ‘n snesie wat ek na gebruik weggooi – dieselfde geld deur- handvatsels, en al daardie snaakse goetertjies waar kieme en Hepatitis B “broei” !

O-ja, ek eet en drink nie aan een glas / koppie / beker / vurk / lepel nie.

JA, EK IS VOL FIEMIES

Seg Net ·

Noem jy dit Fiemies? Ek noem dit vol K@K. As my kommentaar wat nou “Your comment is awaiting moderation. verwyder word is ek ook weg.

Seg Net ·

Nee magtig Maroela wat te erg is is te erg. Weer “Your comment is awaiting moderation”. Wat is nou verkeerd?

Trippie ·

Seg Net – vergeet om iets belangrik by te voeg – NIEMAND MAG AAN MY MUIS RAAK NIE !

Willy ·

Mag ek nie seblief sy sagte fluweel streel nie? Ag hulle lyk altyd so cute en onskuldig haha.

Trippie ·

Nee, beslis nie ! As ek een persoon toelaat, dan gaan almal wil vat en voel – los die muis uit.

Stoere Boer ·

Seg Net as ons nou almal verdwyn of ‘n nuwe webwerf kry dan kan Maroela Media ook maar toemaak want dit is a.g.v. hierdie groepie wat met hul kommentaar lewe in Maroela Media blaas. Ja Praag is ‘n opsie maar ai hulle het amper net een keer per dag vars nuus.

Trippie ·

STAANDE APPLOUS STOERE BOER !

Jinne, ek lief jou gebruikersnaam !

Willy ·

Met wat moet ek help Trippie?? Sal deur diep waters gaan om te help haha.

vuurvreter ·

Trip trip Trip tel jou woorde. Van watter muis praat jy nou van???? Hahaha jys fol dinge vandag. Seker lekker geslaap lol.

Trippie ·

Vuurtjie … sopas weer my stoel bestyg … dis nou na ek jou vraag gelees het en kaplaks, val ek van my stoel af – ek bedoel, my muis is my muis !

Seg Net ·

Vuurmuis is dit nou die wol muis, die rekenaar se muis of die tand muis waarvan Trip so praat. Vra jy haar want ek is bang hulle verwyder my kommentaar as ek vra.

Trippie ·

Lag my boudjies af Seg ! Mag mossie na ‘n “geut” verwys nie, dan is dit “haatspraak” he he he !

Genade, ek ken jou nie so nie – gewoond jy het nie ‘n bang haar op jou kop nie !

Amy ·

Daar is darem ‘gesonde kieme’, maar daai mensies wis nie veel van higiene nie. Daarom gebeur sulke dinge.

Jan ·

Dit blyk dat die meeste kommentare deesdae min met die betrokke berig te doen het.Ek wonder waarom kuier die lesers nie liewer op” facebook” as hulle wil twak kwyrraak nie.Ek waardeer goeie kommentaar en Maroela nuus maar het nie tyd om deur al die kommentare te blaai om die kaf van die koring te skei nie.

Trippie ·

Jan, ek WEIER om met 4X4 bar wangetjies deur die lewe te gaan. Ons lewens is baie kort. Lag, en die wereld lag saam. Daar is soveel hartseer in hierdie land – inteendeel, in die hele wereld.

SMILE !

Justi ·

Jan mag ek vra….eet jy suurlemoene vir ontbyt? Drink jy appel asyn vir middag ete en dalk gewone asyn vir aand ete? Werk bietjie aan jou humor man!

Marius ·

Jan

Stem saam met jou – en nee daar is niks met my humorsin, of my lewe of my uitkyk op die lewe verkeerd nie. Hou van die feit dat Maroela die kommentaar n bietjie in die bek geruk het – dit het te veel vir my na n klomp regse gesanik geklink. n Goeie grappie op sy tyd is baie lekker maar ek glo nie Maroela het bedoel dit moet n kletskamer word nie.

Sal nou seker maar moet lees hoe ek deur die ander persoonlik aangeval gaaqn word

mickey ·

Hier op die plaas slag ons gereeld vir die mense n vark vir ‘drywers’soos hulle dit noem dan word die vleis oop gehang selfs al is dit bloedig warm dan as die maaiers begin nesskrop en die vleis op n afstand begin ruik dan word die vure aangepak en daar word geeet dat dit klap in die begin jare
op die plaas het ek gewonder hoekom die mense nie siek word nie maar nou na baie jare besef ek Geen kiem sal hulle onder kry nie laat my dink die diere van die veld eet ook verotte vleis en hulle kom niks oor nie ek sal baie graag meer wil weet van die kiem wat al 100 mense gedood het dit moet n Meneer kiem wees.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.