Hondsdolheid eis vierde slagoffer

ʼn Vierde persoon van KwaZulu-Natal is dood nadat hy glo hondsdolheid opgedoen het.

Jeffrey Zikhali, woordvoerder vir die departement van landbou, het Woensdag gesê die 21-jarige SK Majola van Mariannhill, Durban, is Saterdag glo weens hondsdolheid dood.

“Majola is in Junie deur ʼn hond gebyt en het eers twee dae na die voorval mediese behandeling ontvang,” het Zikhali gesê. “Hy is toe ingeënt en moes opvolg inentings ontvang, maar sy mediese verslag wys dat hy nie vir dié inentings opgedaag het nie.”

Majola is verlede Woensdag in die RK Khan-hospitaal opgeneem met geweldige skouerpyn, hartkloppings en hy het gesukkel om te sluk. Sy liggaam het nie op behandeling reageer nie en hy is Saterdag dood verklaar.

Drie mense het al reeds vanjaar hul lewens as gevolg van hondsdolheid verloor. Die eerste geval was ʼn 8-jarige seuntjie van Bergville in die Midlands-omgewing. Clementina Cele (52) van Ngonyameni, buite Umlazi, was die tweede slagoffer. Die derde slagoffer was Graeme Anderson (29), ‘n boer en topkanovaarder van Underberg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.